J.P Fourie
‘n Pêrel vir Nettie
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R 200,00 uitlsuilik aflewering
Eerste Uitgawe, eerste druk, 2024, bl 99
ISBN978-0-7961-6893-1
Pas nadat haar geliefde spoorloos verdwyn het, word Nettie, n jong regsgeleerde in n dorpie aan die Suid-Kaapse kus, betrek by n bende welvarende smokkelaars, almal gesiene mense watdie kuslyn van Suid-Afrika in hul misdadige greep het. Sy moet ook die trauma van haar ouers se dood, wat toenemend verdag lyk, verwerk en terselfdertyd haar jonger suster teen hierdie aanslae beskerm. Al ligpunt is Arno, n gesoute speurder, wat op die toneel verskyn…

Gevoelsmens
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R 250,00 uitlsuilik aflewering
Eerste Uitgawe, eerste druk, 2024
Gevoelsmens weerspieël die digter se soeke na perspektief op die verloop van die lewe, op die liefde, gesinslewe, ouerskap, die natuur en eie emosies. Dis onmoontlik om die toekoms met selfvertroue aan te pak as jy nie jou verlede met al sy suksesse en teleurstellings in die regte perspektief sien nie.

HARTKLOP VAN DIE LIEFDE
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Prys: R 250,00 aflewering uitsluitlik
Eerste uitgawe, eerste druk, 2025
Toe die dokter Derrick Wolmarans, befaamde snydokter, op die eerste dag by sy nuwe werkplek, die Groote Schuur Hospitaal aan die voet van Tafelbert instap, betree hy nie net ‘n nuwe wêreld van ingewikkelde mediese uitdagings nie, maar loop hom vas teen ‘n gewetenlose moordenaar wat weerlose pasiënte teiken. Terwyl hy dag na dag moeilike prosedure uitvoer om lewens op die operasietafel te red, moet hy ook speurvernuf toepas om iemand wat met donker motiewe in die hospitaal rondsluip, aan die kaak te stel. Terselfdertyd probeer hy hard om sy eie emosies te ontrafel om die seerkry van die verlede te verwerk…sodat sy hart weer ontvanklik kan wees vir die uitdaging van nuwe liefde.


